Woorde uit die kombuis – vry

Vry

vasgevang binne die hoeke van my hart

die lyne in my kop

le die ruiltransaksies tussen wil en Waarheid

dit bly hier binne

tussen my en my

maar ek is vry!

-gerda-

Advertisements

Woorde uit die kombuis – die boom

Ek ken van pyn en ek weet wat dit is om te treur. Te smag na iets wat was. Ek praat van die soort huil wat jou binneste huil, lank nadat trane opdroog. Daardie laatnag wroeginge met jou Here, jou God. Wanneer die dag rus, maar jou siel net aanhou woed in jou.

Ek vergelyk daardie soort swaarkry met n boom in herfstyd wat winter ontmoet. Net gister was die boom in groeneprag en dan begin sy blare een vir een grond toe huil. Goud, oranje, bruin. Totdat hy daar staan en hy is kaal. Mens skryf hom af, maar onder die oppervlak is daar iets aan die gebeur. Sy wortels skiet al dieper en wyer, verder as tevore. Hy groei groot in sy nuwe identiteit.

Nadat Huisgenoot die ander dag hier weg is, moes ek gestroop en leeg staan en toekyk hoe iemand anders my storie skryf. Uit HULLE perspektief! Ek was weereens gekonfronteer met daardie “buite beheer” gevoel, van oorgee en laat gaan. Maar iets anderste was ook in my binneste aan die gebeur. Tevrede dankbaarheid het begin opborrel, want ek kon vir die eerste keer (soos wat ek my storie aan Huisgenoot vertel het) byna objektief en van buite na my hele reis kyk. Van begin tot hier waar ek nou is. En wat n reis is dit nie. Dit bly die moeite werd! Ek sien Hom in elke fase. Hy is waarlik die een wat na ons toe aangeloop kom, wat ons ontmoet waar ons is, op die water, langs die stofpad of in die woestyn. Hy self het my kom leer dat ek Hom kan vertrou. Hy het in my geglo toe daar van my niks oor was nie. Selfs toe ek Hom bitter seergemaak het, het Hy reeds gedroom oor wat my lewe kan wees.

Ons soek somers in ons winters en ons moenie, want elke seisoen dien n doel. Die een berei ons voor op die volgende. Dit is menslik om swaarkry negatief te beleef, maar die waarheid is dat swaarkry my meer kom leer het van myself en God as enige iets anders in hierdie lewe. Wanneer ons harte oop is vir Hom en ons dit toelaat, skep God altyd iets mooier en sterker uit swaarkry. Dit is soos daardie gesegde se: “What the caterpillar calls the end, the Master calls a butterfly” Sien, swaarkry vat jou na jou einde, maar as jy daar kom, besef jy: dit was die einde niet!!

Onlangs sien ek n skildery van n “worshiping tree” Die boom het lee takke, takke met bloeisels, takke met geel blare en dan weer ander takke met groen blare. Hierdie boom wat al die seisoene verteenwoordig buig laag tot op die grond al agter die water aan. Ek kan dit nie help nie, die skildery trek my in en praat diep tot in my siel, want die boom vra n vraag, hy vra: “Worship ons Hom in al ons seisoene?”

Woorde uit die kombuis – haal af die masker

Die lewe weeg ons en mense oordeel. Meeste van die tyd weeg ons te lig. Selfs Jesus was geweeg, verwerp en toe gekruisig.

Het jy al ooit ‘n rol vertolk in die opvoering genaamd: Voorgee? Jy is ‘n akteur op die verhoog, maar elke dag verloor jy n stukkie van jouself en word jy meer soos die kostuum wat jy dra. Jy versmoor in n selfopgelegte masker. Die mure van kritiek en opinies kom al nader en druk jou vas. Totdat jy die EEN ding verloor wat jy moes oppas: Jou hart.

Ander se verwagtings le jou lam. Jy hardloop soos n afkop hoender rond om mense gelukkig te probeer hou, maar jou gehardloop kry jou net al verder weg van die ware jy. En uiteindelik vind jy jouself op n plek waar jy hard moet soek na die waarde binne jouself .

Klim af van daai verhoog. Loop weg van die rol wat jy vertolk. WEES JOUSELF. Wees die beste jy wat NET jy kan wees. Maak vrede met die feit dat jy soms ander mense gaan teleurstel. Nee, dat jy soms ander mense MOET teleurstel. Jy kan nie als vir almal wees nie.

Was jy al ooit bang as mense kyk, regtig kyk, hulle al jou foute sal sien? Wel:

“Ring the bells bold and strong

Let all the broken add their song

Inside the perfect shells is dim

It’s through the cracks, the light comes in. . .”

Toe my kinders kleiner was sou ons mekaar se name in ons handpalms skryf. Ek sou my kinders se name in my hand skryf en hulle sou my naam in hulle hande skryf. Net soos God ook ons name eenmaal in Sy hand geskryf het. Wanneer ek deur die dag die name gesien het op my hand, het dit my herinner: Iemand ken my, het my lief. Ek maak saak! Ek behoort!

Wat noem ander mense jou?

Belangriker nog, wat noem jy jouself?

Mag jy op geen ander naam antwoord as die naam wat God jou gegee het nie.

Jou ware naam. Jou erfnaam.

Mag jy daardie naam erken as Hy jou roep!!

Woorde uit die kombuis – kruis

Met paasfees nog vars in gedagte en hemelvaart om die draai, het ek gedink om hierdie poem te plaas wat ek geskryf het:

Kruis

was dit lank–

die pad na die kruis?

en die mense–

was daar baie?

 

toe stof en sweet verweef

die skare skree, die swepe slaan

wat het deur U gedagtes gegaan?

toe bloed en trane vervloei

Lewe vir dood ontmoet

was die oorwinning soet?

 

jare is reeds verby

ons het nog ‘n kans gekry

geloof gebore

hoop groei

liefde lewe

 

word U vereer

nou meer as toe?

 

ek sal onthou

van die hout, die spykers

die kroon uit dorings

my Vriend, my Koning

dat U so dood moes sterf

U kruis is lankal reeds

oor my lewe geverf!

-gerda-

Woorde uit die kombuis – Spore van lewe

Vreemde waarheid, maar tog die volle waarheid. Hierdie ding dat ek nog nooit in my drome in n rolstoel sit nie; dat my kinders my nog altyd met bene teken…Nou sit ek die ander dag so in my enigheid en wonder of daar enige verbintenis kan wees tussen die oe van my siel en die prente van onskuldige kinders? En of God deur hulle praat? En ek vra so stilweg vir myself met watter oe ek na myself, ander en die lewe kyk. Wereldse oe of die oe van my siel? Want die oe van die siel kyk verby rolstoele, gebreke en siekte. Verder en dieper nog. Daardie oe sien die oomblikke in die spasies van die lewe waar genade asem haal. Waar jy vergewe, gee, opreg lief kry, die ander wang draai. Jy slaak n sug van hoop, want jy sien n stukkie van wie jy wil wees, van wie jy besig is om te word.

 

Jy kan nie in hierdie lewe weghardloop van jou verlede nie, nog minder van n siekte soos MNS. Dis deel van jou, jy moet dit aanvaar vir wat dit is. Ek wil MNS die ding maak in my lewe wat my herinner om nie tyd te mors nie.

 

Ek het baie jare in n kort tydjie geleef sedert MNS. Ek weet nie hoekom dit so is nie, maar van die beste dinge kom uit die swaarste tye. Dit herinner my, my ma het eendag vir my man n pot met vetplantjies gegee en op die kant het sy geskryf: “Selfs in die woestyn is dit mooi”. Dis waar! Ek het n vae vermoede dat die scenery waarin ons, ons bevind nie naastenby soveel saak maak as hoe ons na daai scenery kyk nie. Net soos wat dit wat ons doen, nie naastenby soveel saak maak as dit wie ons word nie.

 

Sekere dinge kan n mens nie ‘fix’ nie, maar ons kan dans in die reen.

 

Een van my vriende wat ook MNS het kan nie meer praat nie, maar sy hande werk nog, so wanneer hy vir my iets wil se, tik hy op sy foon vir my om te lees. Ons gesels in die week en hy tik: “I am just happy to be alive”

 

En ek besef net weer dankbaar:

 

“Death is not the greatest loss in life. Loss is when life dies inside you, while you are still alive”

Word from the kitchen — poem

Spore
in drome dans ek rond
in kinder prente het ek bene
my lewe pas nie in ‘n raam nie

visies van glas
verbode wense, te veel grense

vreemde tonele
onbekende gebiede
ver van als wat ek ken

as dit dof raak
klou ek aan JOU kleed
trap ek in JOU spore

-gerda-

Word from the kitchen — suffering

I love the Rocky movies, all of them! They have strong life lessons and amazing quotes, one of my favorites — “Ain’t nothing gonna hit as hard as life, but it ain’t about how hard you can hit, it’s about how hard you can get hit and keep moving forward, how much you can take and keep moving forward, that’s how winning is done”

Life can sure throw punches. Sometimes they hit you right in your core, leaving you breathless and stunned. We can have all the support of friends and family and that is no small thing, believe me, but there is a sense in which you and you alone will have to take the step, make the decision and live life. No one can do that for you.

I hate to wish bad things on my children, but I hope they get the privilege someday of having no one to lean on but God. It changes a person. It sure changed me.

It was on my long journey through many struggles that I one day came to the end of my road. The end of my preconceived ideas, the end of my resources.

It was on that road that I exchanged the God I wanted for the God who is. He didn’t offer me any quick fixes or easy steps, in fact there wasn’t any immediate relief.

He held out His hand, He offered Himself. I walked with Him,  I talked and listened to Him and my suffering turned into endurance. I learned about character and faith and pretty soon it produced hope. I now know that no amount of suffering can ever take that hope from me!