Woorde uit die kombuis – Slakke-pas

Slakke-pas

 

in my slakke-pas bestaan

sien ek dinge raak

hoor ek mense harte praat

dra ek siele in my rond

 

agter dowwe oe le hoop

opgewekte gesigte verberg ook trane

soms is rykdom by die arm man

en die kind het waarheid beet

 

ek voel Jou in dit alles

sien Jou oral om my rond

genade suipel deur die krake

spoel oor my slakke-pas bestaan

 

–gerda–

2 thoughts on “Woorde uit die kombuis – Slakke-pas

Leave a comment